NASIONALE HOK SUID / NATIONAL LOFT SOUTH
Nuusbrief/Newsletter: Desember 2008
Die Hart van die Karoo
2008-11-24
Eventually the 2008 National Loft South season ended with the auction. Before discussing the auction I would like to take this opportunity to thank all our participants once again for supporting our Loft for the 10th year. Yes, this was our 10th consecutive year and I can with honesty say that over the years we have given many joy and pleasure to a wide range of pigeon fanciers and we would like to thank them all for entrusting their young pigeons in our hands. We are still getting the same pleasure and excitement out of this loft as what we got the first year when we opened it. We learned a lot over the years and every year the management becomes easier due to the fact that we did make mistakes in the past and we can rectify them. To all our staff and the people closely involved in our loft as well as our sponsors, down to the smallest contributor, thank you for the support and the part you played in making this loft such a great success.
Op die dag van die veiling het die Noupoort Posduif Klub die saal baie mooi voorberei, die hokkies pragtig uiteen gesit, fraai versier met blomme rangskikkings en baie komplimente is ontvang vir die manier waarop die veiling aangebied is. Voor die begin van die veiling was ‘n kort prysuitdeling gehou waar elkeen wat deur die jaar presteer het die nodige toekennings en erkenning ontvang het – vanaf ‘n tjek van R100,000-00, ‘n nuwe bakkie, ‘n volledige MI elektroniese duiweklok stel plus sertifikate. 282 duiwe was te koop aangebied en sommige duiwe het uitstekende pryse behaal. Alle “nie verkoop” duiwe het ons reeds voor die veiling ‘n aanbod voor gehad, gevolglik na die veiling was daar geen meer duiwe te koop nie. Kopers het van regoor die land gekom sowel as Namibië. Nuwe rekord pryse is behaal. Baie opvallend van die veiling was die feit dat duiwe wat goed presteer het uitstekende pryse behaal het, wie se duif dit was het nie so ‘n groot rol gespeel soos hoe goed die spesifieke duif presteer het nie.
Die duurste duif van R20,000 wat die beste presteer het in die B span het behoort aan Danie Hattingh van Kroonstad wat verkoop is aan Piet Theron van Worcester. Die 2deduurste duif wat behoort het aan Poortershaven (Johnny Truter en geteel is deur Jannie en Tertia Engelbrecht) is verkoop vir R14,000 ook aan Piet Theron – dié duif was die beste in die A kompetisie en altwee die duiwe het die vorige jaar se beste prys verbeter. Ek glo die duiwe saam sal ook ‘n fantastiese paar broei duiwe uitmaak .
Ons derde duurste duif wat die bedrag van R6,600 behaal het was ook geteel deur Danie Hattingh en sy gelukkig nuwe eienaar is Jannie Bredenhand van Bonnievale. Die 4de hoogste prys is ‘n duif geteel deur Danie Barnard van Oos Londen en gekoop is deur Jannie Bredenhand vir R5,500.
Our new entries for 2009 exceeds the 120 mark at the moment and they are coming in on a regular basis. Welcome to all our new “customers”. Our program for next year looks very exciting and I am sure we will put an even better product on our sale next year, giving fanciers the opportunity to try the best out of the lofts that Africa can offer.
We would like to wish every participant, friend and sponsor a joyful Christmas and everything of the best for the New Year.
Thank you once again for your support and your new entries we have received for the coming season so far.
Ons wens elke deelnemer, vriend en borg ‘n vreugdevolle Kersfees en ‘n Voorspoedige Nuwe Jaar toe.
Nogmaals dankie vir u ondersteuning en u nuwe inname alreeds ontvang vir die komende seisoen.
Sport Groete
Faunty and Janene