About Us Newsletter Race Program Race Results SANPO Farming Activities
 
 
Farming Activities
 
Boran Cattle Dogs Pigeons
BoranBull Dogs Pigeon
     
 
 
  Pigeons/Duiwe  
 

VOORWOORD

Ons is 46 jaar al betrokke in die duiwesport en het verskillende hoogtes bereik, maar tog word daar jaarliks nuwe deure vir ons oopgemaak.

Die tekort aan verskeie duiweprodukte, en om hulle te bekom, het ons genoodsaak om die nuwe arena te betree.

Ons wil nie net produkte verkoop nie, maar wil ook graag raad en advies gee wat gebasseer is op ons proefnemings en ondervindinge. Ek glo daar bestaan baie verkeerde opvattings en idees en sal graag wil help waar ek kan.

Duiwe wen nie wedvlugte op medisyne nie, maar geen siek duif kan 'n wedvlug wen nie. Medikasie moet as 'n voorkomende middle gebruik word – moet nie eers wag tot u duiwe siek word nie.

Vitamienes en minerale moet gesien word as ‘n aanvulling tot die behoefte wat ‘n duif nodig het, maar moet dit nie oordoen nie. Duiwe word afgebreek vertien dae voor ‘n weldvlug en dan opgebou met goeie en die regte kos, die nodige medikasie en vitamiene tot op die groot dag.

Dit is baie belangrik dat duiwe teen die nodige siektes geënt word en gedip word teen uitwendige parasiete. Baie duiweboere kyk net hoeveel middels hulle in die water kan gooi, maar steur hulle nie aan dié uitwendige parasiete wat buite op hul duiwe krioel nie.

Ek hoop ons kan u help om van die edele sport ‘n nog groter sukses te maak.

FAUNTY GILLMER

 
broeikas
   
Bloodlines
   
 
Medication/Medikasie
   
Illness and treatment
   
pdf document Pigeon Products/Duiwe Produkte
   
 
     
 

Vir al u duiwe- produkte en -medikasie, plaas asb. u bestelling by: 
GILLROY (HAN-JOE) DUIWEPRODUKTE
POSBUS 124
NOUPOORT
 5950

TELEFOON: (049) 843-1505
FAKS: (049) 843-1086
Website: www.gillroy.co.za
Email: gillroy@intekom.co.za
TERME: 5% afslag op kontant met bestelling,
Of

Die einde van die maand waarin u die produkte ontvang.

Betaling per tjek kan gestuur word aan: 
POSBUS 124
NOUPOORT
5950

Of

Bank Oorplasing (EFT) na:
Standard Bank,  Noupoort
Rekening No:  280400233
Tak Kode:  050518